
’n Kettingwinkel in Frankryk het ’n veldtog geloods om kopers te vind vir die “lelike eendjies” van die groente- en vrugte wêreld, en reuse-welslae behaal.
Dié varsprodukte, ’n wortel wat lyk asof dit die die boer kan agtervolg op twee bene uit die landerye uit, ’n appel wat lyk asof dit die Marie-Claire gelees het en na dese die uurglasvorm aangeneem het, of ’n aartappel wat lyk asof dit poegaai is. . .
Intermarché, die kettingwinkel wat met die “Inglorious Fruit and Vegetables” veldtog voor ’n dag gekom het, het dit egter nie sonder voorbereiding geloods nie. Die reaksie van hul kliënte was verstommend.
Die projek sluit aan by die Europese Unie se veldtog teen vermorsing, omdat bevind is dat sowat 300 miljoen ton kos jaarliks weggegooi word.
https://www.youtube.com/watch?feature=player_detailpage&v=p2nSECWq_PE