AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

20 maal meer grondlewe met Phacelia

akkreditasie
Ná drie maande in me. Angelique Pretorius se dekgewasproewe op Glen Fruin by Grabouw het 
die Phacelia-aanplanting in die werksry die winteronkruid bykans totaal onderdruk. Pretorius meen Phacelia is ’n baie goeie toevoeging tot dekgewasmengsels vir sagtevrugteboorde is.
Foto’s en grafieK:  Angelique  Pretorius
Ná drie maande in me. Angelique Pretorius se dekgewasproewe op Glen Fruin by Grabouw het die Phacelia-aanplanting in die werksry die winteronkruid bykans totaal onderdruk. Pretorius meen Phacelia is ’n baie goeie toevoeging tot dekgewasmengsels vir sagtevrugteboorde is. Foto’s en grafieK: Angelique Pretorius
In voorlopige dekgewas-proewe in vrugteboorde by Grabouw het Phacelia ’n verrassende aantal vrylewende aalwurms in die grond gehuisves.

Dekgewasse se plek in vrugteboorde raak ál sekerder nadat voorlopige navorsing deur me. Angelique Pretorius, tegniese bestuurder by Kromco, bewys het dat Phacelia tot 20 maal meer vrylewende (voordelige) aalwurms in die grond huisves as ander plante.

Dié bewyse kom uit Pretorius se voorlopige statistiese proewe op die plaas Glen Fruin by Grabouw. Sulke proewe is nog nie voorheen op eie bodem aangepak nie.

Uit die navorsing blyk dit duidelik dat onkruid goed onderdruk, grondlewe doeltreffend aangewakker en voedingstowwe “gemyn” en aan boomwortels beskikbaar gestel kan word deur verskillende dekgewasse te vestig.

Hoewel Phacelia nie ’n sterk wortelstelsel het nie, het dit ’n sterk netwerk van fyn haarwortels, volgens mnr. Ivan Jansen van Rensburg van Barenbrug SA.

Phacelia, ’n kruidagtige plant met haarfyn, pers blomme, het lewe bo en onder die grond gelok, en ondanks ’n onindrukwekkende wortelstelsel het dit boonop onkruid baie doeltreffend onderdruk.

“Die persele waar die Phacelia gestaan het, was deurgaans die gewildste vir roof- en ander voordelige insekte. Dit is interessant om te sien dat Phacelia die meeste vars bogrondse biomassa gehad het, maar dat daar nie veel oorgebly het nadat dit gedroog is nie. Ek wil graag weiwieke, voerrog en Phacelia in ’n enkele mengsel verder beproef en meen dit sal baie waarde kan toevoeg in die boord,” sê Pretorius.

Volgens mnr. Ivan Jansen van Rensburg van Barenbrug sal so ’n mengsel in die meeste sagtevrugteboorde kan werk. Na gelang van die omgewingstoestande beveel hy aan dat die weiwieke teen 7 kg/ha, voerrog teen 25 kg/ha en Phacelia teen 2 kg/ha as ’n mengsel gevestig word.

“Met die groot aantal nuwe dekgewasspesies wat tans aan boere beskikbaar is, is dit belangrik om die grondtipe, klimaat, doel en moontlike probleme in gedagte te hou wanneer jy dekgewasse kies.”

Pretorius het ’n mengsel van wieke en rog aangeplant as een van vyf mengsels wat sy beproef het (sien tabel). Die ander mengsels was Phacelia, witmosterd en voerradys, gars en voererte, en voerrog as ’n kontrole. Haar hoofdoelwit met die proewe was om vas te stel in watter mate verskillende dekgewasse in spesifieke toestande onkruid onderdruk en biomassa kan produseer. ’n Sekondêre doelwit was om te kyk hoe die verskillende dekgewasse die grond se fisieke, biologiese en chemiese eienskappe beïnvloed.

Dekgewasproewe by Glen Fruin, Grabouw. Dit is geplant in ’n blokuitleg met vyf herhalings van elke behandeling, asook die kontrole. Alle proefpersele strek oor 10 m x 2 m in die werksry.

“Die wieke-en-rogmengsel was nooit die toppresteerder nie, maar in ál die ontledings was dit die naasbeste of derde beste presteerder, wat vir my ’n aanduiding gee dat dit in ’n groot verskeidenheid toestande in ’n breë behoefte sal voorsien. Dié twee gewasse saam met Phacelia behoort onkruid goed te onderdruk, ’n gunstige habitat vir mikro- en makro-organismes bo en onder die grond te skep en waardevolle voedingstowwe in die grond beskikbaar te maak,” sê Pretorius.

Volgens me. Sheila Storey, eienaar van die grondgesondheidslaboratorium Nemlab, is die skerp toename in die getal vrylewende aalwurms in die grond in die Phacelia-proef belowende nuus (sien grafiek).

TELLINGS VAN Vrylewende aalwurmS (per 250 kubieke cm grond)

“Hoewel die voorlopige proewe in nuwe boorde was waar daar nog nie veel appelwortels teenwoordig is nie, is die vrylewende aalwurms ’n goeie teken. Dit sal beslis letsel- en ander plantparasitiese aalwurms help onderdruk.”

Pretorius het die navorsing verlede jaar saam met Barenbrug SA begin terwyl sy by Fruitways gewerk het. Die Universiteit Stellenbosch (US) het by die navorsing betrokke geraak. Hoewel Pretorius intussen die pos by Kromco aanvaar het, gaan die navorsing steeds voort onder leiding van die US.

* Hou Landbouweekblad dop vir die volledige resultate van hierdie proef.

Navrae: Mnr. Ivan Jansen van Rensburg, e-pos: ijvr@barenbrugsa.co.za
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.35
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Goud
1,770.43
-1.6%
Silwer
22.24
-4.0%
Palladium
1,878.00
-1.2%
Platinum
1,005.00
-1.5%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot