Net soos ons op paaie in Suid Afrika altyd op die padgedrag van ander motoriste moet let, moet kliënte op die uitkyk wees dat ’n adviseur nie die verkeerde advies gee of die verkeerde produk aan hom afsmeer nie.
In sekere gevalle is die kliënt medeverantwoordelik vir die verkeerde en onetiese optrede van die adviseur of verkoper van produkte. Die kliënt sê maklik: “Ek weet mos nie, die adviseur moet weet. Dit is waarvoor ek betaal of dit is waarvoor hy of sy kommissie kry. En ek kan mos koop waar ek wil en by wie ek wil.” Die kliënt was sy hande in onskuld, maar het gedruk vir die onmoontlike. Hieronder is ’n paar voorbeelde.
Geval 1: Mnr. A neem lewensversekering uit, maar versuim om al die operasies en skete te noem omdat hy bang is dat die dekking nie toegestaan gaan word nie. Ná sy afsterwe vind die versdviseur en die versekeringsinstelling kwalik. Die kliënt is skuldig, want hy was oneerlik.