Vorige eienaars het alles probeer – van vrugte en suiwel tot tradisionele mielies en koring – maar niks wou werk nie, vertel sy buurman, mnr. Christian Findlay van Franshoek. Christian het Ray eendag kom haal om na een van sy lande te kyk waarop alles al probeer is – van mielies en koring tot pampoen en aspersies.
“Nie een oes is afgehaal nie . . . Die grond was te droog en te swak. Maar toe ons daar inry, staan die Sericea lespedeza, algemeen bekend as armmanslusern, hoër as my bakkie!”
Hy het aanbeveel dat Ray benewens die plaas se koopprys, wat pas betaal was, nog ’n paar honderdduisend rand vir lespedeza-saad, ’n peulplant, uithaal. “Ek het voorspel dit gaan die verskil maak sodat daar uiteindelik winsgewend geboer kan word.”