AFGRI
BEAN
08 Des
-
7480
-159,00
CORN
08 Des
-
3700,2
-31,80
SOYA
08 Des
-
7509
-125,00
SUNS
08 Des
-
9338
-203,00
WEAT
08 Des
-
6160
-32,00
WMAZ
08 Des
-
3500
-34,00
YMAZ
08 Des
-
3544,2
-35,80
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Behou institusionele kapasiteit, maan De Villiers

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA. Foto: Vida Booysen
Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA. Foto: Vida Booysen
Institusionele kapasiteit in die Suid-Afrikaanse landboubedryf is kern belangrik, en as dit verwaarloos word, word mededinging ook prysgegee.

Suid-Afrika boer agteruit op die internasionale voedselsekerheidsindeks en beklee nou die 70ste plek uit 113 lande. Dit is nie goed genoeg nie en die leiers in die landbousektor moet besin oor wat gedoen kan word om die situasie te verbeter, waarsku mnr. Jannie de Villiers wat onlangs as uitvoerende direkteur van Graan SA uitgetree het.

De Villiers, wat as gasspreker by die SA Graanlaboratorium (SAGL) se jaarvergadering oor die belangrikheid van institusionele kapasiteit gepraat het, het gesê selfs uit Afrika-lande beklee Suid-Afrika nou maar die vyfde plek en hy is nie trots daarop nie. “Kyk na die telbord en aanvaar verantwoordelikheid. Hou jul institusionele kapasiteit kerngesondheid, bly mededingend en besluit saam as leiers wat gedoen moet word om binne vyf jaar tot die 60ste plek op te skuif.”

Hy het gesê die kern van sy boodskap gaan oor die ondersteuningsdienste aan ’n bedryf. “Die sterkte van ons institusionele kapasiteit en ons ondersteuningsdienste bepaal hoe sterk die hele waardeketting sal wees. Ek wil dit beklemtoon en ons moet dit nie vergeet nie. Noord van ons is daar geen institusionele kapasiteit nie en mens kan dit duidelik in die voedselsekerheidsindeks sien.”

Hy het gesê as dit verwaarloos word, word mededinging ook prysgegee. “Mens sien dit nie oornag nie. Kyk na die Landbounavorsingsraad. Hy het nie oornag van ’n instelling van wêreldgehalte verval tot waar hy nou is nie. Dit gebeur stelselmatig. My pleidooi aan julle is om jul institusionele kapasiteit te koester, want dit help met mededingendheid.”

Hy het verwys na die tydperk toe die beheerrade tot niet gemaak en na ’n vryemarkstelsel oorgegaan is. Die belanghebbendes het onder mekaar baklei, maar moes leer om saam te werk. Daar is toe forums geskep wat moes dien as die “graanparlement” waar besluite geneem moes word.

“Ons bedryfsinstellings in die graanbedryf kom oor dekades en is sterk instellings. Hulle moet nooit verwaarloos word nie.” Hy het gesê daar is aanvanklik besluit daar is instellings nodig vir inligting, gehaltebeheer en navorsing en dit het gelei tot die skep van die trusts en ander instellings soos Safex, Sagis, die graanlaboratorium en die Nasionale Oeskattingskomitee.

“Vandag is ons institusionele kapasiteit in die graanbedryf van die beste ter wêreld. As ek die internasionale graanraad se vergaderings bywoon, word Suid-Afrika se naam telkens genoem. Daar is die hoogste agting vir ons.”

Hy het die SAGL ook geprys as ’n wêreldklasinstelling wat internasionaal erkenning geniet vir die akkuraatheid van sy toetse. “ ’n Kenner uit Duitsland het ons stelsel vir oesskattings bestudeer en gesê daar is nie iets soortgelyks elders ter wêreld nie. Dit is mense soos ons wat om ’n tafel gesit het en besluit het dat dit nodig is om hierdie stelsels te ontwikkel. Dit is nodig om weer te begin drome droom.” 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.73
+0.8%
Rand - Pond
20.82
+0.8%
Rand - Euro
17.84
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.29
-0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Goud
1,783.99
-0.0%
Silwer
22.43
-0.4%
Palladium
1,854.50
+0.1%
Platinum
963.00
+0.6%
Brent-ruolie
75.44
+3.1%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,404
-0.7%
Hulpbronne 10
68,624
-2.1%
Industriële 25
95,800
-0.2%
Finansiële 15
14,289
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek liefde en n vriendin om saam dienlewe te geniet
Ek is eerlik en betroubaar en op soek na n maatjie wat die pad saam my wil stap en ons drome waar maak , kom ons vat n kans dalk is ons opsoek na mekaar
Nuwe boek begin
Is fun. Hou van lag. Familie en gesin is belangrik. en ek maak n mean braai broodjie Hou van nuwe avonture. Buitelewe of n lekker movie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot