Ek het die afgelope tyd ’n hele paar artikels onder oë gehad waarin die skrywers die huidige krisis in die landbou oor insette en aanbodkettings as die groot gevaarlig vir kosskaarste wêreldwyd beskou.
Namate berigte ontvang word van meer en meer lande wat ’n verbod plaas op die uitvoer van uiters belangrike insette, word die waarskynlikheid groter dat dit wat voorspel word, waar kan word.
Die konflik tussen Rusland en Oekraïne vererger net sake. Gerekende skrywers verwys na ’n stelselineenstorting (systems collapse).