Produsente span sonenergie in om reënval (water), produksie-insette en arbeid deur middel van produksiebestuur en tegnologie in waardevolle stysel en olies om te skakel en jaarliks te oes. Opbergers hanteer en berg die oes veilig op deur energiebronne soos elektrisiteit, diesel en sonkrag te gebruik.
Energie, as kostekomponent in hantering en opberging, neem drasties toe, maar die betroubare lewering van bekostigbare elektrisiteit neem jaar ná jaar af.
Agbiz het op 31 Mei ’n werksessie aangebied waartydens kundiges, landboubesighede en die mynbousektor byeengebring is om ondersoek in te stel hoe maatskappye hul energiebehoeftes kan verseker.