Uittree-annuïteite (UA) het verskeie voordele. Dit is ’n beskerming teen krediteure en dit het belastingvoordele terwyl jy spaar én daarna. Jy kan ook beplan vir ’n inkomste vir naasbestaandes.
Wat is die doel van boedelbeplanning? Tog sekerlik om vir jou en jou gesin die beste voordeel uit jou boedel te kan kry, nou en in die toekoms, sonder om dit te veel aan risiko’s, onder meer onnodige belasting, bloot te stel nie? Ek raak net aan enkele punte betreffende UA’s.
Dit is beter om kundige raad te kry, want nie almal se boedel gaan dieselfde doelwitte hê nie en nie almal se vermoëns is dieselfde nie. Ons is almal uniek – en jou boedelplan moet dus ook uniek wees.