Drie en ’n half jaar gelede is Alison Oates een nag op haar plaas buite Harrismith, digby die N3-hoofweg, deur inbrekers met ’n strykyster gebrand, met ’n mes gesteek en verkrag. Dít was ’n martelsessie wat drie tot vier uur lank geduur het.
Vir ten minste die verkragting is daar ’n positiewe DNS-bewys uit ’n Wes-Kaapse laboratorium, waarheen die monster uiteindelik gestuur is, en vanwaar die resultaat teruggekom het. Dit het ten minste die beweerde verkragter uitgewys – glo ’n werker van die omgewing wat rondtrek om stukwerk op verskillende plekke te doen. Oor die messteek in haar been, vertel Oates aan Manie se kollega, onthou sy die warm gevoel van die bloed wat gevloei het, maar dit was snaaks genoeg glad nie seer nie.
Oates het nie gaan lê nie. Sy sê sy het doodeenvoudig besluit daardie sowat vier uur lank wat sy só hard om haar lewe terugbaklei het, is nie die moeite werd as sy nie vir haar beeste én plaas opstaan nie, want hulle het haar nodig. Dit is die twee dinge wat sy naas haar kinders die heel liefste het.