Die kenners, onder meer epidemioloë, mikrobioloë, genetici, veeartse en bioinformatika-spesialiste, werk reeds etlike maande binne vier werkgroepe aan dié rigtinggewende dokumente.
Die werkgroepe lê klem op malaria, siektes wat deur entstowwe bekamp kan word, siektes wat in kos oorgedra word, en antimikrobies-weerstandige orga- nismes wat nie deur bestaande medisyne of veeartsenykundige middels bestry kan word nie.
Suid-Afrika is goed verteenwoordig deur navorsers van die nasionale sentrum vir aanmeldbare siektes (NCID), wat meewerk aan die werkgroep oor antimikrobies-weerstandige organismes.