“Die dam was van 2013 af permanent leeg,” vertel mnr. Sybrand Venter, wat daar boer. “Toe een aand, 3 Desember 2021, dieselfde nag dat my pa oorlede is, maak die hemele oop, asof my pa die prop in die wolke gaan uittrek het, en dit reën en reën, dat die dam in een nag volreën en uitloop.
Daardie somer het dit só gereën dat die fonteine bokant die dam heeltyd geloop en die dam gevoed het; die dam het tot in September 2022 nog uitgeloop.”
Die dam was trouens só vol dat die flaminke weggebly het tot vandeesmaand, omdat die dam tot in daardie stadium te vol was. Met sy boerdery gaan dit ook voorspoedig.