Die Senwes-maatskappyegroep rus op drie pilare: insetverskaffing, finansiële en tegniese dienste en marktoegang, en dryf handel in Noordwes, die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap.
Die groep het ’n geïntegreerde sakemodel wat sy kerndoelstelling bevorder, naamlik om ’n betekenisvolle bydrae tot voedsel- sekerheid in Suid-Afrika te lewer. Senwes Beperk, asook die houermaatskappy Senwesbel Beperk, het op 20 Februarie verlede jaar op die gelisensieerde beurs, ZAR X, genoteer.
’n Gehalte-besigheid is ’n bate vir alle belange- groepe met wie daardie besigheid in kontak kom. Hierdie verantwoordelikheid strek baie wyer as bloot die groei van waarde en die uitkeer van dividende aan aandeelhouers.