Transnet se kernmandaat is om ekonomiese groei moontlik te maak deur toepaslike hawens, spoor- en pyplyn-infrastruktuur vir die doel te voorsien. Dit moet op ’n kostedoeltreffende wyse geskied wat internasionaal mededingend is. Dit gebeur nog nie. Pleks daarvan is belegging laag en instandhouding swak.
Dit het oor baie dekades tot ’n afname in die gebruik van spoorvervoer gelei, terwyl Transnet ’n monopolie oor treinvervoer behou het.
Hy het in onlangse jare sy klem vernou om sy kernbesighede te beskerm en winsgewendheid te handhaaf sonder pogings om sy dienste uit te brei om in die vraag na spoorvervoer in die groeiende landboubedryf te voorsien. Transnet soek tans na vennote in die private sektor om sy markaandeel in vervoer te vergroot.