Die Constant Temperature Gas Geyser van Delta Gas gebruik twee D-tipe flitsbatterye om self die gasklep oop te draai en die brander aan te steek wanneer die warmwaterkraan oopgedraai word.
Twee batterye hou 230 dae voor dit vervang moet word, so geen elektriese aansluiting is nodig nie. Die geiser het ’n proporsionele tweerigtingklep wat die gastoevoer reguleer om saam met die watervloei te werk. Die watertemperatuur sal dus selfs teen ’n vloei so laag as vyf liter per minuut konstant bly waar die gebruiker dit vooraf gestel het.
Dié stelsel sorg ook vir optimale benutting van jou vloeibare petroleumgas en nie ’n gram word onnodig verbrand nie. Die geiser van 16 liter kan ewe goed aangewend word om ’n klein badkamer met net ’n stort en wasbak of twee badkamers en ’n kombuis se water te verhit. In die geval van twee badkamers moet al die warm krane net nie gelyktydig oopgedraai word nie.