Groter verantwoordelikheid teenoor die omgewing is die sleutelaandrywer, en die hele bedryf — vervaardigers en boere — word aangemoedig om die beginsels te aanvaar.
Verminderde kunsmisgebruik is om drie redes ’n aktuele onderwerp. Jare lange onoordeelkundige gebruik moet nie net uit ’n omgewingsoogpunt nek omgedraai word nie, maar uit ’n kosteperspektief maak dit ook nie meer sin om blindelings te bemes nie. Druk van die verbruiker neem ook toe om “groener” kos op die rak te sien.
Die pad vorentoe behels dat die hele landbou- en kunsmisbedryf aandag moet gee aan die produkte wat gebruik en verskaf word. Dit verg die betrokkenheid van almal in die kunsmis- en landbouketting – van kleinhandelaars, landboudiensverskaffers en gewasvoorligters tot boere wat hul bestuursmetodes moet aanpas, data uitruil en voedingkundige bronne oordeelkundiger gebruik.