Donasies word deur besighede of individue aan so ’n trust gemaak, maar skenkers wil graag belastingkwytskelding daarvoor kry.
Die omskrywing vir ’n openbare weldaadsorganisasie (OWO, public benefit organisation) is ’n nie-belastingpligtige entiteit. Dit word onderskei van ’n organisasie sonder winsoogmerk, of ook genoem ’n niewinsgewende organisasie (NWO, non-profit organisation).
Laasgenoemde dryf handel en betaal inkomstebelasting, soos die Bloedbank of die Dierebeskermingsvereniging. As daar ’n wins is, gaan dit terug na die NWO. Daar is nie aandeelhouers nie, maar drie direkteure wat die NWO bestuur en beheer.