AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9530
-36,00
CORN
27 Sep
-
4818
-37,00
SOYA
27 Sep
-
8700
-9,00
SUNS
27 Sep
-
9848
-120,00
WEAT
27 Sep
-
7045,8
-12,20
WMAZ
27 Sep
-
4838
-28,00
YMAZ
27 Sep
-
4680
-30,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

'Ons benodig ’n ander soort revolusie oor grond'

akkreditasie
Dr. Peter Ardington het ’n dringende beroep gedoen op die terugkeer na diere as ’n belangrike skakel om die veld te herstel.
Dr. Peter Ardington het ’n dringende beroep gedoen op die terugkeer na diere as ’n belangrike skakel om die veld te herstel.
Lê die redding van Suid-Afrika se uitgeputte en afgetakelde grond daarin om honderde of selfs duisende stuks vee op die weiveld te jaag? Ja, mits jy dit reg bestuur deur ’n strategie van ultrahoëdrukbeweiding, meen dr. Peter Ardington, veearts en beesboer van KwaZulu-Natal.

Hy het op Landbouweekblad en die Riemland-studiegroep se herlewingslandboukonferensie op Reitz na verskeie voorbeelde wêreldwyd verwys waar honderdduisende migrerende diere die grasvlaktes van Afrika en Amerika feitlik stomp teen die grond afgevreet het.

Tog het die veld in die jaar daarna genoeg herstel om tydens die volgende migrasietyd weer voldoende voeding vir die menigtes te verskaf. Hy het as voorbeeld die Serengetipark in Tanzanië met ’n gemiddelde jaarlikse reënval van 500 mm genoem. Tog spruit die gras ná die jaarlikse migrasie weer lowergroen van kant tot wal uit. Daaruit is ’n les te leer. “Voor die koms van mans met gewere, ploeë, beeste en grensdrade was daar ’n balans tussen die veld, die grond wat dit voed, en die diere wat daarop gewei het. As ons nie daardie balans herstel en die verlore bogrond vervang nie, gaan daar groot moeilikheid wees,” het Ardington aan die 500 kongresgangers gesê.

Hy het vertel dit duur sowat 1 000 jaar om 30 mm tot 70 mm bogrond te vorm. In daardie tyd het 480 geslagte verbygegaan. Een geslag kan deur goeie bewaringspraktyk slegs sowat 1 mm bogrond byvoeg. “Om grond te bou, moet eintlik die regering se vernaamste voorrangsaak wees. Ons benodig ’n ander soort revolusie oor grond: ’n stadige, maar standvastige en verstandige revolusie om oor die volgende 12 000 jaar weer biodiversiteit en lewe te herstel.”

Die enigste manier om dit te doen, het Ardington gesê, is deur herlewingslandbou te beoefen, maar ook deur ultrahoëdrukbeweiding toe te pas as deel van die herstelproses. Hy het groot bewondering vir die ultrahoëdrukbeweidingstelsel wat deur mnr. André Lund in die Karoo vervolmaak is. Hy het Lund die “Veldheld van die Groot-Karoo” genoem en gesê sy stelsel van ultrahoëdruk-strookbeweiding is die beste nabootsing van die natuur se eie beweidingstelsel wanneer reuse-migrasie plaasvind.

Lund se stelsel gebruik skokdrade om weistroke te span sodat die beeste gedwing word om in daardie strook alles voor die voet te vreet en nie selektief te wei nie. Op dié wyse kry die smaakliker grassoorte behoorlik kans om te herstel, terwyl die minder smaaklike grassoorte ook afgewei word en nie naderhand die veld oorneem omdat hulle nooit afgevreet word nie.

Dis noodsaaklik dat die stroke wat bewei word, behoorlike hersteltyd kry sodat die gras die son en die reën voluit kan benut en weer ’n behoorlike wortelselsel en behoorlike bogrondse groei kan ontwikkel. “Die Suid-Afrikaanse veld is taai, maar as jy hom lank genoeg op die verkeerde manier bewei, gee dit moed op en die grond begin wegkalwe. Ons moet nou dringend die diere weer terugbring na die veld toe,” het Ardington gesê.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.98
+0.5%
Rand - Pond
19.44
-0.6%
Rand - Euro
17.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.67
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,636.43
+0.9%
Silwer
18.66
+1.7%
Palladium
2,040.01
-0.2%
Platinum
863.00
+1.2%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,254
-0.1%
Alle aandele
63,611
-0.0%
Hulpbronne 10
55,888
-0.6%
Industriële 25
79,411
-0.2%
Finansiële 15
14,081
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot