
Grundfos, ’n wêreldleier in die vervaardiging van pompe en spilpunte, het besluit om sy nuwe hoofkwartier in Afrika suid van die Sahara in Johannesburg op te rig. Die uitgangspunt was om die gebou so “groen” as moontlik te maak. Die toerusting en prosesse wat in die gebou geïnstalleer is, maak dit energiedoeltreffend en omgewingsvriendelik.
“By Grundfos verwys ons daarna as ‘om ons eie medisyne te neem’,” sê mnr. Jonathan Hamp-Adams, uitvoerende hoof van Grundfos. “Grundfos is 'n wêreldwye raadgewer en tegnologieverskaffer. Hy spits hom toe op die doeltreffende gebruik van water en energie in die pompbedryf, in omtrent elke faset van dié bedryf en kommersiële besighede. Ons weet egter dit is nie genoeg om kliënte raad te gee oor groen oplossings nie, maar jy moet ook self die reëls volg.”
Die gebou is amptelik op 14 Augustus geopen. Nie net het Grundfos 'n streng konstruksie- en materiaalwerwingsproses gevolg om “Groen Gebou”-status te verkry nie, maar ook tot die argitekte se ontwerp bygedra deur 'n reënwater- en watersuiweringsaanleg reg in die hartjie van die gebou te installeer, vir almal om te sien.
Die reënwater wat opgevang word, word in die fonteine binne en buite die gebou gebruik, sowel as om die tuine nat te lei. ’n Sonpaneel wat aan ’n versterkingspomp gekoppel is, verseker dat die projek energiedoeltreffend bly.
“Die gebou huisves ook ons gemeenskapsprojek, waar ons voorheen benadeelde mense met die nodige vaardighede bemagtig om produkte uit die Grundfos-reeks te installeer en te onderhou.”