AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8802
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
Deel

Handelaars voer ál meer self suiwel in

akkreditasie
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Kleinhandelaars raak toenemend self by die invoer van suiwelprodukte betrokke.

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) sê in ’n ontleding van onlangse in- en uitvoer van suiwelprodukte dit sal onsekerheid oor voorraadvlakke op die mark verhoog.

Melkverwerkers, wat gewoonlik suiwelprodukte aan die kleinhandel verskaf, sal nie van sulke invoer, die hoeveelhede en die tydsberekening daarvan weet nie.

Die MPO beplan om dié saak in sy kwartaallikse telefoonkonferensies met kleinhandelaars aan te roer en te wys op die risiko’s wat dit ten opsigte van markbestendigheid en verkeerde prysseine meebring.

Luidens die ontleding was Suid-Afrika in Januarie ’n netto invoerder van suiwelprodukte op grond van groot hoeveelhede afgeroomde melkpoeier en kaas wat ingevoer is.

Die MPO sê die internasionale prys vir afgeroomde melkpoeier is op ’n lae vlak, wat invoer aanmoedig.

In melkekwivalent (die hoeveelheid melk wat na raming gebruik word om ’n produk te maak) is 43 miljoen liter se suiwelprodukte in Januarie ingevoer, teenoor 30,2 miljoen liter wat uitgevoer is.

Die ingevoerde produkte het bestaan uit 18 miljoen liter afgeroomde melkpoeier, 17 miljoen liter kaas en wrongel, asook 4,3 miljoen liter langlewemelk.

Uitvoer het bestaan uit 8 miljoen liter afgeroomde melkpoeier, 7,5 miljoen liter kaas en wrongel, asook 6,6 miljoen liter langlewemelk.

Verlede jaar is daar in totaal 41 miljoen liter langlewemelk teen ’n gemiddelde vry-aan-boordprys van R7,64/liter ingevoer.

In Januarie was die gemiddelde vry-aan-boordprys vir ingevoerde langlewemelk R7,80/liter, vir afgeroomde melkpoeier R26,79/liter, vir cheddar R53/kg en vir gouda R65/kg. 

Die belangrikste lande wat suiwelprodukte na Suid-Afrika uitvoer, is Pole (langlewemelk en cheddar), Denemarke (kondensmelk), Ierland en België (botter), Brittanje (cheddar) en Nederland (gouda).

Agri Inspec het met ’n spesiale projek begin om seker te maak ingevoerde produkte se etikette is korrek wanneer dit op kleinhandelsvlak verkoop word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
-0.2%
Rand - Pond
22.08
-0.0%
Rand - Euro
19.45
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.95
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Platinum
987.04
+1.9%
Palladium
1,493.19
+1.1%
Goud
1,983.28
+0.1%
Silwer
23.87
-0.2%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
71,230
+0.2%
Alle aandele
76,826
+0.2%
Hulpbronne 10
67,828
+0.5%
Industriële 25
103,334
+0.1%
Finansiële 15
15,622
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die is nie vir bang dames nie, Is jy dapper of mal genoeg ?
Ek loop nie graag heeldag my eie beeld en polish nie, ek verkies dat mense my leer ken en dan self besluit hoekom hulle van my hou of nie hou nie. Nie een van ons is perfek nie,...
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot