Vandag is ’n uitgebreide reeks seëlaars, supergom, verf en kleefmiddels landwyd beskikbaar. Een van die produkte in die reeks wat veral op plase nuttig is, is die sogenoemde PVC-sement.
Dit word vinnig hard en is geformuleer om ’n sterk seël te bied wanneer harde PVC geheg word. Dit is waterdig en geskik vir gebruik binne en buite.
Twee opsies is beskikbaar: Hoë- en laedruksement wat PVC-pyp of passtukke stewig in ’n vassmeltaksie heg. Die sement bevat spesiale PVC-versagtende oplosmiddels en is daarom nie geskik vir sagte of buigbare PVC-produkte nie. Sekere plastiek, soos poliëtileen of polipropileen, is nie versoenbaar met dié PVC-sement nie.