“Kommersiële boere en tuinbougeesdriftiges trek voordeel uit vernuwings rakende voedingstowwe en plantvoeding in ’n steeds groeiende bedryf.”
In hidroponika, ’n grondlose produksiestelsel waar die groeimedium ’n pH-aangepaste wateroplossing is, word die nodige minerale in die water opgelos en maklik opgeneem.
Navorsing toon dat plantwortels minerale makliker opneem wanneer dit in water pleks van grond groei. Soms word sand, gruis, vermikuliet, steenwol, perliet, turfmos, kokos, klapperdoppe of saagsels gebruik om die wortels geanker te hou.