Hop moet redelik vinnig verwerk word om te keer dat dit verrot. Dit word dus dadelik na die verwerkingsaanleg op die plaas vervoer. Heidekruin is een van die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) se drie korporatiewe plase.
Hy het ook sewe private plase wat ingekontrakteer is om hop aan hom te verskaf. SAB het net meer as 400 hektaar hop-aanplantings wat jaarliks gemiddeld 710 ton tot 910 ton lewer, na gelang van groeitoestande.
Die hopbedryf neem sowat 1 500 mense in diens en dra ongeveer R90 miljoen tot die plaaslike ekonomie by.