Hierdie herskikking gaan uiteindelik ook tot op plaasvlak in Suid-Afrika gevoel word. Boere gaan gedwing word om hul eie produksiepraktyke te heroorweeg.
In die 1990’s het groot internasionale maatskappye hul mededingendheid probeer verhoog deur ’n groot deel van hul bedrywighede uit te kontrakteer en na oorsese lande te verskuif waar arbeidskoste laag is en skaalekonomie die beste benut kon word.
Dit het saamgeval met die inploffing van die Sowjetunie, wat nuwe markte vir Westerse produkte geskep het. Lande in Asië, soos Indië en China, het daarmee saam ontluik as ekonomieë wat goedkoop kan vervaardig en uitvoer.