Hul meganiese snoeisae doen onder meer diens in ZZ2 se avokadoboorde. Dié pa-en-seun-onderneming het nou ’n pneumatiese verfspuitkar vir vrugte- en neutboere bekend gestel.
Dit het ’n tenk van 250 liter waar die verfmengsel met ’n dieselmotortjie onder druk geplaas word. Die motortjie gebruik net 4 liter diesel per dag en twee verfspuite kan gelyktydig in boorde gebruik word. Die toestel is op ’n waentjie gemonteer en kan agter ’n trekker of vierwielmotorfiets getrek word.
’n Verfspan kan dus agter die snoeiers beweeg en bome dadelik ’n beskermende laag verf toedien voor die son, wind en weer skade kan aanrig. Elke verfkarretjie het sy eie logboek en die verfspuite is gekalibreer om aan GlobalGap se vereistes te voldoen.