Wetenskaplikes meen die oplossing daarvoor lê by voedsame en proteïendigte mikro-alge wat gekweek word in akwakultuurstelsels wat met seewater gevoed word. Dit is boonop ’n omgewingsvolhoubare opsie.
“Ons het die geleentheid om voedsel te kweek wat baie voedsaam is en vinnig groei. Ons kan dit op plekke doen waar daar nie mededinging is nie,” sê prof. Charles Greene van die Cornell-universiteit in Amerika en senior skrywer van ’n artikel in die vaktydskrif Oceanography.
“Omdat ons alge in relatief geslote en beheerde aanlegte kan kweek, is die omgewingsimpak daarvan nie so groot nie.” GIS-gebaseerde modelle kan gebruik word om opbrengste voor te stel.