Ná die bekendstelling van die meesterplan vir die landbou en landbouverwerking in Mei het die dokument polariserende kommentaar uit verskeie oorde ontlok.
As organisasie was Agbiz in diepte betrokke by die onderhandelings. Die proses was dikwels antagonisties en frustrerend. Om uiteenlopende belange met mekaar te versoen, is nooit ’n eenvoudige proses nie.
As ’n mens die kommentaar lees wat onlangs gepubliseer is, herinner dit my aan die towerspieël uit die strokiesverhaal wat slegs vir jou sal wys wat jy wil sien.