Die mozzarellalaag op verbruikers se pizza het waarskynlik ’n stewige persentasie namaaksel in, maar onkunde en gebrekkige standaarde help tans nie om die bedryf teen namaaksels te beskerm nie. In 2020 is daar 0,2% minder melk in Suid-Afrika geproduseer as in die vorige jaar. Daar is ook meer melkprodukte uit- as ingevoer (Tabel 1).
Die totale aanbod in 2020 was dus 64 miljoen liter minder as in 2019. Volgens die nuutste Nielsen-syfers (Tabel 2) wat deur die SA Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro) beskikbaar gestel is, het die verkope van alle melkprodukte, met die uitsondering van gepasteuriseerde en gegeurde melk, in 2020 gestyg.
Baie konserwatief bereken, moes die aanbod met meer as 200 miljoen liter styg om in die groter vraag te voorsien.