Mnr. Schalk Viljoen is uitvoerende hoof van die Dasberg-boerdery by Riviersonderend.
Ek was nog altyd ’n voorstander van transformasie in die landbou, want ek glo met my hele hart dat die land- bousektor nie op die lang duur volhoubaar is daarsonder nie.
Die PALS-konsep wat eers net die Witzenberg-PALS was en nou uitgebrei is na verskillende dele reg oor Suid-Afrika, het beslis my aanslag verander. Dit was en bly ’n almal-wen-konsep.