KOM LAAT ONS BOER! Die driejarige English Cockerspanjoel Noah van die Bredasdorp-omgewing is in sy hart uit en uit ’n boer. Mnr. Lafras Venter, agter die stuur van die John Deere 7200R-trekker, het Noah en sy sussie Nina (4) as waghonde grootgemaak en hulle is daarom gewoonlik aan sy vrou, Lize, se sy. “Omdat dit nou planttyd is in die Overberg, weet hulle dat ons namiddag vir Lafras koffie en aandete land toe neem. Dit is dán dat Noah gewoonlik by die trappe van die trekker staan en smeek om saam te ry,” sê Lize. Hy slaap ook graag in Lafras se Land Cruiser. “Solank die wiele rol, is Noah gelukkig!” Lize sê haar skoonpa, Pieter, het altyd geweet sy seuns is nie lief vir die boeke nie, maar wel om met hul hande te werk. Hy het daarom Venter Dienste begin, wat kalkstrooi- en landboudienste in die Overberg en Vrystaat lewer. Lafras plant ook self koring, gars en kanola. Lize het dié foto van Lafras en Noah vir die troeteldierkompetisie op Landbouweekblad se Facebookblad ingeskryf. Nóg inskrywings is op bl. 11 te sien.
FOTO: LIZE VENTER
Mnr. Lafras Venter, agter die stuur van die John Deere 7200R-trekker, het Noah en sy sussie Nina (4) as waghonde grootgemaak en hulle is daarom gewoonlik aan sy vrou, Lize, se sy.
“Omdat dit nou planttyd is in die Overberg, weet hulle dat ons namiddag vir Lafras koffie en aandete land toe neem. Dit is dán dat Noah gewoonlik by die trappe van die trekker staan en smeek om saam te ry,” sê Lize.
Hy slaap ook graag in Lafras se Land Cruiser. “Solank die wiele rol, is Noah gelukkig!”
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.