
Lancewood is ’n afdeling van Libstar Operations.
Sontic Holdings besit tans 100% van Sonnendal, maar Libstar sal vanaf 1 Desember volle beheer van Sonnendal verkry.
Volgens mnr. Cornel Lodewyks, uitvoerende hoof van Lancewood, sal Lancewood op dieselfde datum Sonnendal se sake oorneem. Sonnedal vervaardig jogurt, maas, vrugtesap, vars melk en room. Lancewood het hom tot nou op sagte kaas en verpakte, harde kaas toegespits.
“Sonnendal se bykomende kundigheid en produksievermoëns sal Lancewood die geleentheid bied om sy reeks produkte uit te brei,” sê Lodewyks.
Sonnendal se handelsmerke en sakebedrywighede sal onaangeraak voortgaan, terwyl die Lancewood-handelsmerk op uitgesoekte produkte gebruik sal word. Sonnendal se produkte is tot nou grotendeels in die Wes- en Oos-Kaap versprei.
Lodewyks sê Lancewood sal Sonnendal se kontraktuele verpligtinge oorneem teenoor die Wes-Kaapse boere by wie hy melk koop. Die betrokke boere word dus nie deur die transaksie geraak nie.