My ma het vir my lewensreg gegee op ’n woonhuis op ’n kleinhoewe, asook die erf van die huis, tot die dag van my afsterwe. My suster het die res van die kleinhoewe geërf. Mag my gesin saam met my aanbly, soos dit was voor ma gesterf het? Mag ek besighede vanuit my huis bedryf, soos voor my ma gesterf het?
Die testament bepaal ook dat ek water en elektrisiteit gratis moet kry. Kan my suster my man en sy seun laat betaal vir water en elekrisiteit? Kan ek op my deel doen wat ek wil totdat ek sterf?
Jou lewensreg op die op woonhuis gee aan jou die reg om in die huis te bly tot die dag van jou dood. Die eiendom word in die naam van jou suster geregistreer, onderhewig aan jou lewenslange woonreg. Jy kan nie op die eiendom net doen wat jy wil nie.