Onder ’n nuwe vyfvlakstelsel is sommige aktiwiteite wat tot 30 April verbode was, nou toelaatbaar, maar streng perke geld steeds op beweging en interaksie van mense om verspreiding van Covid-19 te beperk. Volgens Ramaphosa sal “ ’n wetenskaplike benadering” gevolg word met die verslapping van verspreiding. (Lees meer by bit.ly/2yC8jgr.)
Die Verenigde Nasies se voedselprogram waarsku dat hongersnood in ontwikkelende lande die regstreekse dodetal weens Covid-19 kan oorskry, en in Suid-Afrika was daar teen druktyd wye aanduidings dat die inperking reeds ’n skrikwekkende maatskaplike tol geëis het.
Mnr. Marthinus Stander, uitvoerende hoof van die pluimveeprodusent Country Bird Holdings, het gesê die voortgesette sluiting van kitskos-ondernemings het ’n ernstige uitwerking op hoenderverskaffers.