Dit is natuurlik nie ’n verskoning om uitvoervaardighede te laat vaar nie, en wees versigtig vir proteksionisme . . .
Lokalisering vorm deel van Suid-Afrika se meesterplan vir die landbou en landbouverwerking. Waar moontlik, beteken dit invoervervanging of die beperking van invoer, verbeterde toestande vir plaaslike landbouproduksie en uitgebreide voedsel-verwerking.
Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) wil sy reëls hersien om globale voedselkwessies die hoof te bied. Dit volg te midde van globalisering wat afgeplat het, maar nou waarskynlik fase 2.0 sal betree omdat die oorheersende magsposisie neig om stadigaan van die Weste na die Ooste te verskuif.