Die landboubedryf, wat ’n groot bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) lewer, was die onbesonge held van die ekonomie in 2020. In 2021 het die landbou-, bosbou- en visserybedryf byna R129 miljard tot die BBP bygedra.
Vanjaar was egter moeiliker met stygende insetkoste, waaronder hoër brandstof- en kunsmispryse, stygende rentekoerse wat die koste van skuld beïnvloed, hoë inflasie en van die ergste beurtkrag in jare.
Ongunstige toestande in die tweede kwartaal van 2022 het daartoe gelei dat bedrywighede in die landbou-, bosbou- en visserybedryf met 7,7% afgeneem het, volgens Statistieke SA.