Die artikel “Die werklike koste van mieliemeel” deur Claude Cloete (LBW, 21 Feb. 2020, bl. 48) oor die “Wet van Dalende Wins” het betrekking. Dit is baie goed gestel en net soos dit in die praktyk werk.
My Tulikoeie weeg gemiddeld 430-450 kg en die bulle 680-700 kg. Nou, slagossies weeg gemiddeld 350 kg op 15 maande op weiding met ’n bietjie byvoeding en lek met geen groeistimulante.
Soos ons weet, wil slagplase net beeste hê wat meer as 400 kg weeg. Hoe nou gemaak? Intensief voer (dus duur mieliemeel) of stimulante en ander middels gebruik? Deur die diere langer te hou, tree afgradering in. Dit is dus ’n praktiese probleem. Bapsfontein