Die berig “Georganiseerde, straffelose sindikate wis boerderye uit” (LBW, 20 April 2023) het betrekking. As ek dit lees, kan ek nie anders nie as om te wonder wie hier die skuld moet dra.
Die korrupte ANC of die boere en hul organisasies wat nou al 29 jaar lank glo deur anderpad te kyk, gaan hulle die dreigende grondsituasie afweer? Die feit dat ons nou al ’n paar jaar lank met dreigende grond-onteiening sit, maak in hierdie stadium nie saak nie.
’n Groot boer vertel my die ander dag dat grondpryse maar swak is weens die dreigende onteiening. Die groot boere gebruik tans die situasie om vir hulself goedkoop grond te kry deur oningeligte verkopers bang te praat.