Mnr. Johan Swiegers se brief “ ’n Mensgemaakte droogte?” in Landbouweekblad van 25 Augustus 2022 het betrekking. Die afgelope sewe jaar was ’n aaneenlopende droogte met hier en daar ’n bietjie reën.
Dit was veral ná die wintermaande dat daar geen neerslag was nie en die voerrekeninge die hoogte ingeskiet het. Die aanname wat Swiegers maak dat dit ’n mensgemaakte droogte vanaf die jaar 2000 is, is so ver van die waarheid soos Engeland van die Karoo is. Ek dink die Suid-Afrikaanse boer is die beste ter wêreld.
Die feit dat daar groot droogtehulp uit private insiatief gekom het om die boere te help, tesame met kospakkies wat aan hulle en hul werkers voorsien is, spreek boekdele.