Saai is geskok en ontsteld oor die haglike toestand van die Landboukollege Potchefstroom (Pampoenboere) se kampus en plaas, en het ’n regspan geraadpleeg oor moontlike optrede om die kollege van ineenstorting te red.
Studente kla dat die instandhouding van die geboue en terrein (FOTO1 en FOTO2) só ver agter geraak het dat dit ’n onveilige omgewing skep. Van die eens trotse, tradisieryke instelling wat topboere en landboutegniese adviseurs opgelei het, is daar geen spoor nie.
Foto’s en verslae van diere wat vermaer is (FOTO 3) vanwee¨ swak en verkeerde voe- ding, haglike krale, weiding waar rommel gestort word (FOTO 4) en dierewelstandspraktyke wat die Dierebeskermingsvereniging na sy asem sal laat snak, staaf die studente se klagtes.