Dit is onaanvaarbaar dat die regering nieteenstaande twee onlangse hofuitsprake oor dieselfde aangeleentheid steeds toestemming aan ’n maatskappy gegee het om in die Noord-Kaap na olie en gas te soek.
Die antwoord lê waarskynlik daarin dat die betrokke maatskappy, Tosaco Energy, in vennootskap besit word deur ’n swartbemagtigingsmaatskappy en Total Suid-Afrika.
Tosaco Energy het toestemming van die departement van minerale hulpbronne en die Petroleumagentskap van Suid-Afrika gekry om seismiese ondersoeke te doen tussen Alexanderbaai en Hondeklipbaai in die Noord-Kaap.