Het Suid-Afrikaners nie ondersoekmal geword nie? Gebeur iets wat die openbare oog vang, sak die ondersoekers toe. Op Stellenbosch piepie ’n student op ’n ander student se eiendom. Die koshuis waar die voorval plaasgevind het, ondersoek dit.
Dan die studenteraad, die universiteit, die polisie, die media, politieke partye, verskeie organisasies en, helaas, die Menseregtekommissie. Die TV, radio en koerante word deur almal ingespan om die gebeure weke lank in die openbare oog te hou. Elkeen het sy eie ondersoek gehou en sommer die verhoor ook.
Op ’n plaas van ’n belangrike politikus word ingebreek en miljoene dollar word gesteel. Die intelligensiediens stel ondersoek in, maar hou alles geheim tot die politieke klimaat gereed is vir die skokkende nuus. Nie in nasionale belang nie, maar met ander motiewe.