Kaap Agri is deesdae Tant Hettie se kafee waar jy beskuit, koeldrank, lekkers en jou koerant kan koop. Maar as jy voer of ander landboubenodighede soek, dan het hy nie. Saterdagoggend 25 Junie bel ons Kaap Agri op Darling om te hoor of hulle lam-en-ooikorrels het. Nee, hulle het nie.
Ons ry toe na Overberg Agri op Moorreesburg, want hulle het altyd. Moorreesburg is wel baie verder van ons Darling-plaas af, maar daar het ons nog altyd gekry wat ons soek. Sy personeel, van Sarie agter by die skuur tot Anton, die bestuurder, is altyd hulpvaardig.
Op Kaap Agri se webwerf is sy leuse “Service delivery is an attitude, not a department”. Talk is cheap. Sondag 26 Junie gaan ons na ons Ceres-Karoo-plaas toe. Maandag 27 Junie bel my vrou Kaap Agri op Ceres en praat met Keeno. Sy vra of hulle lam- en-ooikorrels het, en hy sê “ja”.