Elke Suid-Afrikaner gaan deur die nadelige ekonomiese gevolge van die oorlog in Oekraïne geraak word – veral diegene wat afhanklik is van basiese voedsel, soos brood en meel. Statistieke wys dat 30% van die koring wat in Suid-Afrika verbruik word, van Oekraïne afkomstig is.
Projeksies dui daarop dat die prys van koringprodukte daarom binne ’n jaar met 27% kan styg. Sommige groot bakkerye het reeds gewaarsku dat die prys van hul brood skerp gaan styg.
Voeg hierby die prys van brandstof en kunsmis, en die nadelige impak daarvan op veral die landboubedryf. Die ANC moet daarvan kennis neem dat hy die mense van Suid-Afrika in die steek laat vanweë sy struggle-vriendskap met Rusland.