Die meeste lesers ken stukkies van die lewensverhaal van mnr. Kosie en me. Lize van Zyl van Napier en hul suksesvolle bemagtingsvertakking Agri Dwala, maar sekerlik nie genoeg oor die egpaar se pleegsorg-en-opvoedingsprojek nie.
Die Van Zyls was vanjaar ook die eerste ontvangers van die Landbouweekblad-eerbewys Herlewingsheld 2022, uit erkenning vir die lewensveranderende werk wat hulle doen om oplossings te skep.
Nou kan almal die verhaal van hoe “gewone mense buitengewone resultate behaal”, in die boek Uit klip gekap: Die storie van Agri Dwala, ’n getuienis van seën deur pastoor Etienne van Heerden lees.