Dit bestaan uit twee programme, naamlik Profarmer Landboubestuursinligting en die Profarmer-kostegids. Eersgenoemde is ’n elektroniese databasis waarin gewasproduksie-inligting gebêre kan word. Besproeiingsgewasse wat ingesluit word, is onder meer mielies, koring, gars, grondbone, lusern en pekanneute.
Droëlandgewasse, soos mielies, koring, en sonneblomme, kan ook hanteer word. Die kostegids gee boere toegang tot gewasproduksie- en meganisasiekoste vir verskillende scenario’s en gepaardgaande vrae, soos:
Watter gewas is ekonomies om te plant?