Die nuwe EU22i weeg net 21 kg. Dit is ’n nuwegeslag-opwekker met tegnologie wat dit geskik maak vir kraggevoelige elektriese toerusting, soos rekenaars en TV-stelle, asook standaard- huishoudelike toestelle, soos haardroërs, strykysters en koffiemakers.
Die omhulsel is ontwerp om geraas tot die minimum te beperk en selfs op volle krag sal dit nie ’n steurnis veroorsaak nie. Die gevorderde GXR120-vierslagenjin lewer tot 2 200 W met verbeterde brandstofverbruik ongeag die lading.
Die kragopwekker is ideaal vir kampeerders en kragtig genoeg vir alle standaardtoestelle wat gewoonlik in ’n woonwa te kry is. Prys: R18 026.