AFGRI
BEAN
27 Mrt
-
9570
70,00
CORN
27 Mrt
-
4168
59,00
SOYA
27 Mrt
-
8157
20,00
SUNS
27 Mrt
-
8740
110,00
WEAT
27 Mrt
-
6345
85,00
WMAZ
27 Mrt
-
3877
36,00
YMAZ
27 Mrt
-
4057
30,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Nuwe naam vir Capespan se sagtesitrus

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Capespan gaan voortaan sy sagtesitrus onder ’n nuwe vaandel bemark en in die proses bekende handelsmerke soos Cutie en Halo die stryd aansê.

Dit kom te midde van groeiende sagtesitrus-volumes en handelsmerke wêreldwyd.

Die handelsnaam Outspan Gems sal eksklusief vir sagtesitrus (veral clementines, mandaryne en laat mandaryne) gebruik word wat Capespan in Suid-Afrika en die res van die wêreld verbou, verkry en bemark. Dis deel van die maatskappy se strewe om minder, maar groter en sterker handelsmerke te bou.

Sagtesitrus groei

“Dit was ’n natuurlik stap vir Capespan om sy handelsmerkaanbod uit te brei na sagtesitrusprodukte. Met die voorspelde wêreldwye groei in sagtesitrus-volumes, wil ons opwinding skep rondom die unieke kenmerke van hierdie kommoditeit,” sê mnr. Tonie Fuchs, besturende direkteur van Capespan.

Volgens me. Adéle Ackermann, groepshandelsmerkbestuurder by Capespan, sal Suid-Afrika se sagtesitrus-aanbod na verwagting oor die volgende vyf jaar verdubbel.

“Ons verwag eksponensiële groei as gevolg van die groot hoeveelheid hektare wat aangeplant is.”

Ou, vertroude handelsmerk

Die Outspan-handelsmerk het in 1936 ontstaan. Destyds was dit die enigste Suid-Afrikaanse handelsmerk wat met sitrusuitvoer verband gehou het. Dit het ’n groot rol gespeel om die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf aan die res van die wêreld bekend te stel.

“Ons het die volste vertroue dat Outspan Gems een van die wêreld se ikoniese vrugte-handelsmerke sal raak,” sê Fuchs.

Volgens Ackermann is Halo en Cutie van die bekendste internasionale sagtesitrus-handelsmerke.

“Dit gaan gepaard met hoë gehaltestandaarde en uitstekende smaakgehalte. Die geskiedenis van die Outspan-handelsmerk verseker ook al jare lank vir verbruikers van ’n goeie produk en ’n aangename eetervaring. Outspan Gems sal die unieke kenmerke van sagtesitrus beklemtoon.”

Eerste in Asië

Fuchs het die hoop uitgespreek dat die handelsmerk nog deure in Asië vir die maatskappy sal oopmaak. Outspan is reeds bekend aan Asiese verbruikers, wat graag steun op vertroude produk-handelsmerke. Die Outspan Gems-handelsmerk, ondersteun deur innoverende verpakking en promosies, sal deur Capespan se bemarkingskanale in die Verre Ooste (JWM Asia) in lande soos Hongkong, Singapoer, Thailand en China bekend gestel word.

Ackermann sê Noord-Amerika en Europa hou ook goeie moontlikhede in.

Unieke kenmerke

Die woord “Gems” klink nie net goed in alle tale, veral in Asiatiese tale, nie, maar dit is ook ’n gepaste beskrywing van die produkeienskappe wat die handelsmerk gaan verteenwoordig.

“Die handelsmerk lewer ’n prettige, jeugdige en gesonde produk aan klante reg oor die wêreld,” sê Ackermann.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.32
-0.8%
Rand - Pond
22.44
-0.9%
Rand - Euro
19.69
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.17
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
968.32
-0.9%
Palladium
1,395.42
-0.4%
Goud
1,971.25
-0.4%
Silwer
23.07
-0.7%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,326
+0.2%
Alle aandele
74,808
+0.2%
Hulpbronne 10
64,126
-0.3%
Industriële 25
101,831
+0.2%
Finansiële 15
15,295
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hier om nuwe mense te ontmoed
Ek is vol lewe hoi van uitdaacings jonk van hart en flees Hou van buitelewe visvang lamp Hou van lag en liefde
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot