Die aanlyn gesondheidswinkel Faithful to Nature en die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het kennis geneem van die tee wat die medisinale eienskappe van inheemse fynbos benut.
’n Kaapse entrepreneur, mnr. Alex Jordaan, het Cape Fynbos Tea gestig. Hy het ná 25 jaar in die boubedryf besluit om sy droom na te jaag om tee wat van fynbos gemaak is, te bemark.
Heuningbostee is die maatskappy se vlagskipprojek en het onlangs erkenning van Kansa gekry toe dit met ’n Smart Choice Seal of Recognition bekroon is.