Soos in die eerste jaar van die streng inperkingstydperk het landbou- en bedryfsorganisasies deur noue skakeling met staatsinstellings gehelp om bemarkingskanale vir produkte oop te hou en ekonomiese ontwrigting teen te werk.
Tydens Julie se onluste en plundery in KwaZulu-Natal en Gauteng het Kwanalu bewys dat die georganiseerde landbou ’n deurslaggewende rol kan speel as die regering en die veiligheidsmagte tydens ’n krisis nie die mas kan opkom nie.
Deur middel van die netwerk boereverenigings was daar noue skakeling tussen boere en omliggende gemeenskappe, en kon almal saamstaan om hul dorpe en eiendom te help beveilig.