Die rol van voeding in die uiteindelike prestasie van gewasse is veel ingewikkelder as wat algemeen besef word. Die goeie nuus is dat daar vaste patrone is wat met nuwe tegnologie geïdentifiseer kan word.
Mnr. GP Schoeman, hoofbestuurder van Agrisol, ’n landbouwetenskaplike maatskappy wat spesialiseer in onder meer grond- en blaarmonsterneming en ontleding, het tydens ’n boeredag op die plaas van mnr. Danie Slabbert in die Reitz-omgewing gesê boere kan dit nie meer bekostig om eenvoudig lukraak te bemes nie.
“Ons wil eerder presies weet wat nodig is en dit op die regte tyd aan die plante voorsien.” Agrisol doen reeds die afgelope 13 jaar die aanbevelings vir bemesting en presisie-kalkregstellings op Slabbert se plaas.