Die kleinhoewe is langs ’n rivier met geregistreerde waterregte vir 9 ha se besproeiing. Ek het ’n brief van die plaaslike waterraad gekry toe ek die perseel gekoop het. Ek wil ’n besproeiingstelsel ontwerp en hier installeer.
Ek kry nie die waterraad se beampte of verteenwoordiger in die hande om die vereistes vir die stelsel te bespreek en die waterrekening te betaal nie. Ek het al talle e-posse gestuur en oproepe gemaak. Kan ek voortgaan met die installasie gegrond op goeie ontwerpbeginsels?
Loop ek die gevaar om my waterregte te verloor as die rekening té ver agterstallig raak? Die begrip “geregistreerde” waterregte moet baie omsigtig hanteer word. Registrasie van waterregte dui nie noodwendig op die wettigheid daarvan nie.